Liberty Bell

Die Liberty Bell in Philadelphia (Pennsilvanië) is 'n Amerikaanse klok van geskiedkundige betekenis en moontlik een van die mees bekende simbole wat met die Amerikaanse Rewolusie en die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog geassosieer word. Die klok versinnebeeld die onafhanklikwording, die afskaffing van slawerny, die Amerikaanse nasie en die vryheid binne die grense van die Verenigde State.

Die klok is op 8 Julie 1776 gelui om die burgers van Philadelphia na die eerste openbare lesing van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring te ontbied. Die klok is vooraf gelui om die opening van die Eerste Kontinentale Kongres in 1774 aan te kondig en 'n tweede keer ná die Slag van Lexington en Concord in 1775.

Die Liberty Bell het tot by die jaar 1837 as die Independence Bell of die Old State House Bell bekend gestaan en is daarna deur die American Anti-Slavery Society as 'n simbool van die abolisie-beweging gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search